Quantcast
Channel: Jan Braai
Viewing all articles
Browse latest Browse all 287

Gebraaide Beef Wellington

$
0
0

Jan Braai Beef WellingtonAlles proe beter op ’n braai, en in die gaval is dit die klassieke ‘Beef Wellington’. Hier is die resep soos ek hom in die Bolandse dorp Wellington gebraai het. Die vulsel bestandele was so ’n bietjie te veel vir een rol pasty deeg, so mettertyd sal ek die resep hier onder nog ’n bietjie aanpas deur 2 rolle deeg (een onder en een bo) of minder vulsel bestandele te gebruik. Jy kan enige van die twee opsies uitoefen wanneer jy hom die naweek by die huis maak, en dan vir my terugvoer gee.

The English version of this Beef Wellington recipe is available here.

Wat jy nodig het

  • 1 ui (fyngekap)
  • 250g sampioene (fyngekap)
  • 1 koppie (250ml) room
  • 1 rol pasty deeg (ontdooi)
  • 300g – 500g steak (rump, sirloin of fillet)
  • kaas (opsioneel)
  • gerookte ham (opsioneel)
  • olyf olie
  • sout & peper

Laat Waai!

  1. Braai die fyngekapte ui en fyngekapte sampioene in ’n pan saam met olyfolie of botter. Gooi dan van of al die room by en laat dit afkook totdat dit ’n dik pasta vorm.
  2. Sny alle oortollige vet en senings van die vleis af en braai die steak oor baie warm kole tot medium-rou. Laat die steaks ’n paar minute rus en sny dit dan in dun repies.
  3. Rol die pastydeeg uit op ’n snyplank en smeer die sampioen room mengsel oor helfte daarvan. Pak die repies steak bo op dit en geur behoorlik met sout en peper. Indien jy so voel kan jy ook kaas en ham bygooi, maar dit is opsioneel.
  4. Vou nou die skoon helfte van die deeg bo-oor toe en druk die kante van jou pasty vas met ’n vurk.
  5. Braai vir omtrent 20 minute oor medium warm kole in ’n toeklaprooster tot gaar. Die gereg is gereed as die deeg goudbruin en bros is, en die bestandele deurwarm en gesmelt is. Soos jy pastydeeg braai ‘smelt’ dit op ’n stadium en begin dit in die rooster insak. Moenie bekommerd wees nie. Net hierna begin dit gaar word en dan raak dit meer verm.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 287

Trending Articles